Prins George se amptelike Kersfoto's in 2014
FOTO: Ed Lane Fox/Kensington Paleis

Prins George se amptelike Kersfoto's in 2014 FOTO: Ed Lane Fox/Kensington Paleis

Het jy gehoor?

Prins George se eerste balkonverskyning – in pa se uitrusting!

Klein prins George het gister weer harte gesteel – dié keer met sy eerste balkonverskyning en dit nogal in dieselfde uitrusting as wat sy pa 31 jaar gelede gedra het.

Dit was die 200ste herdenking van die Slag van Waterloo en die koninklike familie en George het die vaandelparade in Londen saam met die Britte op Buckingham-paleis se balkon gevier.

Maar dit lyk nie of al die opwinding en die skare George van stryk gestuur het nie. Hy het in die arms van prins William vir die skare gewaai en na die vliegtuie gekyk.

Tydens die vaandelparade word koningin Elizabeth II se verjaardag (sy het op 21 April vanjaar 89 geword) ook gevier.

Die paleis het dié foto’s van die viering gedeel

Bronne: Netwerk 24 en Twitter