Die eerste gesinsfoto buite die hospitaal toe prins George gebore is. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins George se eerste foto’s binnekort hier!

Prins George, of Georgie soos wat prins Charles hom noem, het sy eerste drie weke by Ouma Middleton se huis deurgebring – ‘n ongewone besoek vir ‘n troonopvolger wat gewoonlik dadelik na een van die paleise geneem word. En nou gaan dié kleinding nóg ‘n tradisie verbreek …

Prins George se eerste foto’s

Die eerste foto’s van klein prins George wat moontlik hierdie week vrygestel gaan word, sal nie volgens tradisie deur ‘n amptelike fotograaf geneem word nie. Bronne na aan die nuwe gesin sê die foto’s sal familiefoto’s wees wat Kate, haar ma Carole en Pippa self geneem het.

Die rede hiervoor? Kate wil blykbaar nie George se roetine ontwrig om vir ‘n lang formele fotosessie te poseer nie. Sy is blykbaar ‘n fotografie-fundi en ons is seker George is haar gunsteling onderwerp. Volgens die bron het Kate ‘n goeie oog vir foto’s en wil sy graag hê dat die eerste ‘amptelike’ foto’s van George so natuurlik moontlik en in `n ontspanne omgewing moet wees.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die babakamer

Nog een van die koninklike egpaar se “anti-tradisionele-keuses”, was om nie `n tradisionele babakamer met antieke meubels vir hul seun in te rig nie. Hulle het eerder op `n Beatrix Potter-tema besluit, met karakters uit haar bekende kinderboeke as versierings.

Dié bespiegelinge is na aanleiding van Kate se besoek aan die Knightsbridge Nursery Outfitters Dragons toe sy na items van die Beatrix Potter-versameling geloer het.

Só lyk die versameling:

FOTO: Dragons of Walton street

FOTO: Dragons of Walton street

FOTO: Dragons of Walton street

Bronne: Hello!, Celebuzz