Prins George in sy dooprok. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins George se nuwe speelmaatjie

Sowat ses maande gelede was die wêreld se oë gefokus op die hospitaal in Londen om die eerste kykie van prins George te kry. Vrydag het koningin Elizabeth nóg ’n agterkleinkind verwelkom. Zara Phillips en Mike Tindall se dogtertjie is gebore. 

Buckingham-paleis het aangekondig dat Zara en Mike se dogtertjie Vrydag gebore is. Sy staan 16de in die ry om die troonopvolger te wees.

Anders as Kate en William het dié geboorte buite die oog van die media plaasgevind. Nuwe Pa en voormalige Engelse rugbyspeler, Mike, was teenwoordig by die geboorte. Hy het op sy Twitter-blad geskryf:

“Dankie vir al die mooi boodskappe. Definitief die beste dag van my lewe – só gelukkig! Albei meisies is gesond en gelukkig!”

Die baba se naam is nog nie bekend nie, maar mense raai dit sal Elizabeth, Emma of Anne wees. Zara se volle naam is Zara Anne Elizabeth. Sy (Zara) is die dogter van prinses Anne, koningin Elizabeth se dogter.

Addisionele bron: Canada.com