Prins George se amptelike Kersfoto's in 2014. FOTO: Ed Lane Fox/Kensington Paleis

Prins George se amptelike Kersfoto's in 2014. FOTO: Ed Lane Fox/Kensington Paleis

Het jy gehoor?

Prins George steel weer die kollig

Prins George het die afgelope naweek weer bewys hy is die oulikste prins op aarde. Saterdag het hy harte gesteel met sy eerste balkonverskyning, en gister weer by sy pa, prins William, se polo-wedstryd by die Beaufort Polo-klub, berig E! Online

FOTO: Getty Images/Gallo Images

FOTO: Getty Images/Gallo Images

Kate het tydens die wedstryd op die wal langs die veld gaan sit en met prins George gespeel. Sy het die koppe laat draai met noupassende jeans en ‘n gestreepte driekwartmou T-hemp, slegs ses weke ná prinses Charlotte se geboorte.

Prins George het byna meer aandag as die deelnemers op die veld getrek. Hy het te kostelik gelyk met ’n blou truitjie en bypassende Crocs-sandale. Hy het ook ’n rooi speelgoed-karretjie by hom gehad.

Bron: E! Online

Lees ook