Harry
Het jy gehoor?

Prins Harry verlaat weermag én besoek binnekort Suid-Afrika

Ná meer as ’n dekade se diens het prins Harry Vrydag die weermag verlaat, berig Hello!. Wat is nou die volgende stap vir dié 30-jarige rooikopprins? 

Harry het die “baie moeilike besluit” reeds in Mei aangekondig en het Vrydag sy laaste dag by die werk gehad.

Maar die weermag se verlies is ons wins! Aan die einde van dié maand besoek Harry Suid-Afrika, Namibië en ander Afrika-lande, waar hy vir drie maande lank aan natuurbewaringsprojekte sal werk.

Dit beteken dat Harry nie sal tuis wees wanneer prinses Charlotte op 5 Julie gedoop word nie.

Ná die drie maande keer Harry terug Londen toe, waar hy beseerde soldate met hul rehabilitasie wil help.

Bron: Hello!

Lees nou