FOTO: Chuck Kennedy

FOTO: Chuck Kennedy

Het jy gehoor?

Prins Harry drink tee saam met Michelle Obama

Prins Harry het die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama, ontvang vir tee in die Kensington-paleis. 

Die Paleis se amptelike Twitter-blad het dié foto van Michelle en prins Harry gedeel.

Hulle het onder meer gesels oor ondersteuning vir oorlogsveterane en hul gesinne.

Prins Harry wou ook meer uitvind oor Michelle se #LetGirlsLearn-initiatief waarin sy tienermeisies oor die hele wêreld motiveer om verder te studeer. Dié projek is juis die rede vir haar besoek aan Engeland.

Michelle se dogters, Malia en Sasha, en haar ma, Marian Robinson, wat saam met haar in Londen is, het ook vir prins Harry ontmoet.

Bron: Kensington Paleis-Instagram

Lees ook