FOTO: Getty Images/ Gallo Images

FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Prins Harry eet braaivleis in die Kaap

Netwerk24 berig dat prins Harry die Kaapse somer ten beste benut het.

Harry het, nes in 2013, oor die feestyd in die Kaap baljaar. Hy het glo tot laatnag in gewilde kuierplekke gejol en is in Kampsbaai gesien waar hy in ’n luukse hotel gewoon het.

Harry het volgens berigte in die Camps Bay Retreat, ’n eksklusiewe deel van The Bay Hotel, oorgebly.

Die hotel se woordvoerder het aan Netwerk24 bevestig dat hy verskeie Suid-Afrikaanse geregte – ook braaivleis! – geniet het.

Só lyk Harry se verblyf terwyl hy in die Kaap was FOTO:  Camps Bay Retreat

Só lyk Harry se verblyf terwyl hy in die Kaap was
FOTO: Camps Bay Retreat

Lees meer oor Harry se vakansie in die Kaap op Netwerk24.

Die koninklikes op Twitter en Instagram!

Dis nie net koningin Elizabeth wat met tegnologie bybly nie. Prinse William en Harry en Kate, die hertogin van Cambridge, het ook nou ’n amptelike Twitter- en Instagram-profiel.

Dié sosialemedia-blaaie is verlede Woensdag geopen en het reeds duisende volgelinge. Die profiele is geskep om die amptelike doen en late van die drie jong koninklikes met hul aanhangers oor die hele wêreld te deel.

Maar vir foto’s oor die partytjie-prins se bewegings in die Kaap sal ons maar moet wag …

Van die foto’s wat @kensingtonroyal al gedeel het

Bron: Netwerk24 en Camps Bay Retreat

Lees nou

  • Linda Felkel

    Pity. The photo showing the Duchess with the two children is faked. And not even a good job! :-(