FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins Harry: ‘Ek is ’n slegte oom’

Prinses Charlotte was al drie weke oud toe prins Harry haar vir die eerste keer ontmoet het, en hy was ook nie by dié koninklike pienkvoet se doop nie. 

Daarom het die rooikopprins skertsend na homself as ’n “slegte oom” verwys terwyl hy oor sy belangrike werk vir natuurbewaring (die rede vir sy afwesigheid) gepraat het, berig Hello!.

Simson Uri-Khob, wat vir die liefdadigheidsorganisasie Save The Rhino werk, sê Harry het die volgende aan hom vertel:

“Ek is ’n slegte oom. Ek behoort daar te wees, maar vandag is ek hier. Dit is waar ek wil wees.”

Volgens Mirror het Harry aan hulle gesê hy is opgewonde om ’n oom vir sowel prins George as prinses Charlotte te wees en dat hy hulle sal ondersteun indien hulle ’n beroep in die weermag wil hê.

Deel van die rede vir sy buitelandse reise was onder meer ’n besoek aan die Kruger-wildtuin vir die bekamping van renosterstropery. Lees meer HIER.

Bronne: Hello! en Mirror

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER