FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Prins Harry en Cressida beëindig verhouding

Ná maande se bespiegeling oor wanneer Prins Harry vir Cressida Bonas die ja-woord gaan vra (hy sou dit blykbaar in Afrika gedoen het), het dié twee besluit om eerder hul verhouding te beëindig, berig Hello!.

Die paartjie het byna 2 jaar uitgegaan, maar die 29-jarige prins het blykbaar onlangs vir sy vriende gesê die verhouding tussen hom en die 24-jarige danser begin wankel. ’n Bron het aan die Britse koerant The Telegraph gesê dat die media-aandag te veel was vir dié jong paartjie.

Sal jy daarvoor val? Amerikaanse meisies glo dié man is Harry

Maar, dit beteken nie dit is finaal verby tussen hulle nie. Ouboet William en Kate het ook tydens hul verhouding vir ’n rukkie uitgemaak en later weer begin uitgaan.

Baie mense is verras oor dié nuus omdat Harry en Cressida onlangs ál meer saam in die publiek gesien is nadat hulle vir lank hul verhouding geheim gehou het.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Cressida Bonas
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: Hello!