Harry
Het jy gehoor?

Prins Harry dalk nie tuis vir koninklike baba se geboorte

Prins Harry gaan dalk die geboorte van Kate en prins William se tweede baba misloop, berig Hello!

Die 30-jarige rooikop-prins sal binnekort vir ’n maand lank verpligtinge in die Australiese weermag nakom. In dié tyd sal hy onderskeidelik in Sydney, Darwin en Perth wees.

Harry vertrek Maandag en sal heel moontlik eers die hertog en hertogin van Cambridge se jongste ontmoet wanneer hy/sy ’n paar weke oud is.

Die baba word tussen middel en laat April verwag.

Bron: Hello!

Lees ook