cressida_bonas_getty
Het jy gehoor?

Prins Harry lyk smoorverlief

Die Daily Mail het pas foto’s gepubliseer van ‘n baie verliefde Prins Harry (28) en model/aktrise Cressida Bonas (24) op die ski-hange van Verbier in Switzerland. Die twee was in die ski-dorpie vir die verjaardagvieringe van sy oom, Prins Andrew.

Blykbaar was hulle reeds ‘n paartjie toe die foto’s van Harry se Las Vegas-manewales uitgelek het. Na bewering was sy woedend ná die insident. Prinses Eugenie, ‘n goeie vriendin van Cressida, het die twee aan mekaar voorgestel. Volgens vriende pas hulle perfek bymekaar.

Dié Burberry-model het beslis nie ‘n tekort aan goeie gene nie! Haar ma, Lady Mary-Gaye Georgiana Lorna Curzon, was ‘n ‘it-girl’ in Londen tydens die sestigerjare. Haar halfsuster, Isabella Anstruther-Gough-Calthorpe, was na bewering in die pre-Kate-fase van Prins William se lewe baie verlief op hom. Bella is nou verloof aan Sir Richard Branson se seun, Sam.

* Sien die foto’s hier.