FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Prins Harry: Los my Meghan uit

Prins Harry het die afgelope tyd geswyg oor gerugte dat die Amerikaanse aktrise Meghan Markle, van Suits-faam, sy meisie is. Maar nou het die rooikopprins sy stilswye gebreek. Hy het in ’n amptelike verklaring gesê hulle is ’n paartjie en hy is bekommerd oor haar veiligheid.

Dinge klink ernstig. Volgens gerugte het sy broer en skoonsus, die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, al vir Meghan ontmoet. En hy het haar glo aan sy pa, prins Charles, voorgestel.

Vir vyf goed wat jy oor Meghan móét weet, lees hier.

Screen Shot 2016-11-08 at 4.07.04 PM

Prins Harry is bekend vir sy privaatheid. Hy het al in ’n onderhoud gesê hy sal sy toekomstige liefde se privaatheid met al sy mag probeer beskerm.

Nou hou prins Harry by sy woord. In ’n amptelike verklaring, wat die Kensington-paleis namens Harry uitgereik het, het hy erken dat hy bekommerd is oor sy meisie se veiligheid.

More behind the scenes shots of my shoot for @lifestylemag #obrigada

A photo posted by Meghan Markle (@meghanmarkle) on

Meghan het onder geweldige rassistiese en seksistiese kommentaar in die media en sosiale media deurgeloop. Haar ma, Doria Ragland, ’n maatskaplike werker en joga-instrukteur, word daagliks oorval deur joernaliste en fotograwe. En Meghan se eks-kêrel, Cory Vitiello, word ook glo geteister.

Prins Harry het sy stem goed dik gemaak. Nou hoop hy die verklaring sal mense twee keer laat dink voordat hulle snedige opmerkings lewer en Meghan se geliefdes pla.

Só lyk prins Harry se amptelike verklaring:

Lees nou

Prins Harry se Meghan Markle: 5 goed

Wie op aarde is Mielie?