FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins Harry na die Suidpool – dís hoe hy gaan voorberei

Die 28-jarige prins en die Britse akteur Dominic West (The Wire) gaan in November twee spanne vir 335 km in die Suidpool lei. Dié spanne bestaan uit gewonde soldate.

Om hiervoor voor te berei sal Harry vir 24 uur in ‘n vriesende koelkamer toegesluit word. Hierin sal
sneeustorms en ysige temperature gesimuleer word soos wat hy en sy spanmaats hul toerusting in dié toestande toets.

Trouklokkies vir prins Harry?

In dié koelkamer gaan hulle ook verskillende oefeninge moet doen, soos om vir 2 ure te ‘ski’ en net 10 minute te rus. Dit moet hulle vir 12 ure herhaal. Daarna moet hulle oefen om in dié koue temperatuur kamp op te slaan en warm te bly terwyl hulle slaap.

Al die geld wat vir dié ekspidisie ingesamel word, gaan aan liefdadigheid geskenk word.

En ‘n eerste vir die Buckingham-paleis

Buckingham-paleis het al tuinpartyjies, teepartjies, feeste en konserte deur die jare op hul gronde gehou, maar dié tuine is nog nie gebruik vir ‘n sokker-wedstryd nie.

Prins William het gehelp om dié liefdadigheidswedstryd tussen twee Britse amateur-klubs te organiseer.

Bron: WENN