6099d-princeharryparis
Het jy gehoor?

Prins Harry nie haastig om te trou nie

Prins Harry wil eendag sy lewe met iemand deel, maar hy is glad nie haastig om te trou nie, berig E! Online

Die 31-jarige rooikop-prins het verlede week deelgeneem aan Walking With the Wounded, ’n organisasie wat geld vir beseerde oorlogsveterane insamel. Die spesifieke staproete is 27 km lank en staan bekend as die Walk of Britain. ’n Joernalis het hom tydens die geleentheid gevra of hy al nader aan trou staan.

Harry het gesê daar is nog baie goed wat hy wil doen voor hy trou. Hy het bygevoeg dat hy daarna uitsien om nes te skop, maar vir eers hou hy hom doenig met liefdadigheidswerk en ander projekte.

Hoewel Harry die weermag vroeër vanjaar verlaat het ná meer as ’n dekade, bly dit steeds een van sy prioriteite om hulle te dien. Volgens People het hy gesê sy fokus is daarop om seker te maak dat oorlogsveterane die beste moontlike ondersteuning kry en te sorg dat die gemeenskap hulle waardeer.

Bronne: E! Online en People

Lees ook