FOTO: Getty Images/ Gallo Images

FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Prins Harry se besoek herinner hom aan Diana

Prins Harry kon nie anders as om aan sy ma te dink toe hy vroeër die week ’n kinderhuis in Brasilië besoek het nie, berig Hello!.

Die 29-jarige prins het glo oorweldig gevoel toe hy na die weeskinders in Diadema, ’n voorstad van São Paulo in Brasilië, se stories geluister het. Maar hy het gesê sy eie pyn toe hy sy ma verloor het, kan nie met hul pyn vergelyk nie.

Prins Harry is weer enkellopend

Tydens dié besoek het prinses Diana se jongste seun met die kinders en die families wat hul versorg, gesels. Hy het natuurlik ook tyd ingeruim om ’n vinnige sokkerwedstryd saam met die kinders van dié sokker-mal land te speel.

“Ek was totaal oorweldig en geskok. Ek kan nie onthou dat ek al ooit in die publiek gegrens het nie, maar ek was dié keer taamlik na daaraan,” het hy na afloop van sy besoek aan joernaliste gesê. “Daar is twee meisies – ek is taamlik emosioneel – en deur net na hulle te kyk, wou ek oor my eie ervaringe praat. Maar daar is geen nut daarin nie, want dis net té verskillend,” het hy gedeel.

Harry se eks-meisie gaan nou flieks maak

Die prins wou graag deur sy eie ervaringe vir die kinders vertel het dat hy op ’n manier begrip het vir wat hulle deurmaak. “Maar jy hoor hul stories en dink jou eie storie is niks teenoor wat hulle deurgemaak het nie.”

Prins Harry tree uit as helikoptervlieënier

Diana, na wie die media jare gelede as die “prinses van harte” verwys het, se rooikop-seun word al vir jare met sy ma vergelyk omdat hy ook baie tyd saam met behoeftiges spandeer.

Hy toer tans deur Brasilië as deel van ’n koninklike toer.

Bron: Hello!