FOTO: Getty Images/ Gallo Images

FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Prins Harry se nuwe meisie, Camilla Thurlow

Prins Harry het blykbaar nuwe liefde gevind! Hier is 4 interessante feite oor die 25-jarige Camilla Thurlow.

Die nuwe meisie aan die 29-jarige prins se sy dra die goedkeuring van die koninklike familie, berig die internasionale media. Sy het ook glo saam met Harry en sy vriende op ’n luukse seiljag in Frankryk vakansie gehou.

Hier is wat ons weet van Camilla Thurlow

Sportiewe slimkop én mooi gesig

Camilla het ’n graad in sportwetenskap aan die Universiteit van Loughborough verwerf. Sy het ook as 19-jarige die Mej. Edinburg-kroon gedra.

‘Gewone’ meisie

Camilla kom uit ’n middelklas-familie en anders as Harry se vorige meisies is sy nie ’n bekende sosiale vlinder nie.

Liefdadigheid

Sy werk sedert 2013 vir die Halo Trust, die liefdadigheidsorganisasie wat landmyne vernietig en wat deur wyle prinses Diana ondersteun is. Dié organisasie is steeds baie na aan Harry se hart.

Sy’s brunet én lyk soos skoonsus

Blondines het in die verlede Harry se oog gevang, soos Chelsy Davy en Cressida Bonas. Camilla Thurlow is ’n donkerkop en mense het al gesê dat sy baie soos sy skoonsus, Kate, lyk.

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Bronne: Harper’s Bazaar, E! Online, US Magazine, Every Joe, Celeb Dirty Laundry

Lees ook