Het jy gehoor?

Prins Harry se nuwe meisie?

Die Britse sangeres Mollie King se mond is gesnoer te midde van gerugte dat sy die nuwe liefde in prins Harry se lewe is. En natuurlik is die paparazzi op haar spoor met hul lang lense. Molly is een van vyf wat die groep The Saturdays vorm.

Na bewering is dié twee al die afgelope twee jaar lank vriende en is sy reeds in 2010 langs die polobaan gesien waar sy die prins tydens sy wedstryd aangemoedig het.

Prins Harry en en die pragtige Mollie is verlede week saam by die nagklub Bunga Bunga in Londen opgemerk waar hulle tot in die vroeë oggendure partytjie gehou het. Sy het in Februarie vanjaar haar romanse met die manlike model David Gandy beeïndig.

Verlede maand het prins Harry juis op Amerikaanse televisie erken dat dit vir hom moeilik is om liefde te vind.

* Ons dink sy lyk na onse Christi Panagio met ‘n tikkie Sienna Miller. Wat dink jy?

MOLLIE KING IN AKSIE AS DEEL VAN DIE GROEP THE SATURDAYS


  • Jolanda

    Ja Mollie King is nogal n mengsel van Christie en Sienna.

  • qzcyyncg

    tv4W84 cqetyrquuxwl, [url=http://lldvneehqiiy.com/]lldvneehqiiy[/url], [link=http://eermbcmtevpy.com/]eermbcmtevpy[/link], http://yolftokpdrws.com/