Harry
Het jy gehoor?

Prins Harry tot ridder geslaan

Prins Harry is nou ’n “sir”! Koningin Elizabeth het haar kleinseun Harry tot ridder geslaan, berig Hello! 

Die 30-jarige rooikop het die titel Knight Commander of the Royal Victorian Order (KCVO) ontvang omdat hy die koningin of die monargie op ’n persoonlike manier gedien het.

Harry is sedert 2005 deel van die weermag en beplan om aan die einde van Junie uit te tree.

Die private seremonie het gister by Buckingham-paleis plaasgevind.

Bron: Hello!

Lees ook