FOTO: Getty Images/ Gallo Images

FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Prins Harry veg teen stropers in Krugerwildtuin

Daily Mail berig prins Harry staan sedert verlede week die Suid-Afrikaanse weermag in die Krugerwildtuin by in hul stryd teen renosterstropery. 

Die rooikopprins het blykbaar verlede Woensdag in die wildtuin aangekom en het reeds met stropers in aanraking gekom. Dié voorval het by die Krokodilrivier in die suide van hierdie nasionale park gebeur. Een stroper is beseer en twee ander is in hegtenis geneem, volgens Daily Mail

Generaal Johan Jooste het aan die Sondagkoerant The Mail gesê dat Harry se ondervinding baie waardevol is. “Gewapende buitelandse kriminele verklaar oorlog teen Suid-Afrika, ons sal terugbaklei en veg om te wen.”

Daar is vanjaar al 559 renosters in die Krugerwildtuin vir hul horings gestroop wat vir tot R400 000 per horing verkoop kan word in die Ooste. Sindikate uit die Ooste, waar daar verkeerdelik geglo word dat renosterhoring mediese voordele inhou, betaal plaaslike inwoners goeie geld om die horings te stroop.

Prins Harry was voordat hy Krugerwildtuin toe is, vir 6 weke in Namibië, waar die regering besig is met ’n drastiese onthoringsproses om die renosters in hul parke teen stropers te beskerm.

OK! bespiegel dat Harry en die Briste aktrise Jenna Coleman, wat bekend is vir haar rol in Doctor Who, moontlik ’n paartjie is. Ons wonder of sy hom in die Krugerwildtuin sal besoek.

 

Peter Pocket @legodimensions #SanDiego #ComicCon2015 #Lego

 

A photo posted by Jenna Coleman (@jenna_coleman_) on

Bronne: Daily MailThe Mail en OK! 

Lees ook