FOTO Gallo Images/Getty Images

FOTO Gallo Images/Getty Images

Het jy gehoor?

Prins Harry is wéér op pad Suid-Afrika toe!

Buckingham-paleis het aangekondig prins Harry is binnekort weer na Suid-Afrika op pad vir ’n amptelike toer, berig Hello!.

Die rooikop-prins sal eers besoek aflê in Lesotho en daarna sal hy na Kaapstad, Durban, die Krugerwildtuin en Johannesburg reis.

In Lesotho sal Harry saam met prins Seeiso Sentebale besoek. Hulle het dié liefdadigheidsprojek saam begin. Hy sal ook die eerste minister Dr Pakalitha Mosisili en koning Letsie III daar ontmoet.

Harry sal sy vaardigheid in polo in Kaapstad kom wys wanneer hy op 28 November aan die Sentebale Royal Salute Polo-reeks op die gewilde wynlandgoed Val de Vie deelneem.

Hy sal ook vir emeritus aartsbiskop Desmond Tutu ontmoet tydens sy besoek aan Kaapstad.

Daarna vertrek hy na Durban waar hy twee liefdadigheidsorganisasies, The Sharks and Surfers Not Street Children, gaan besoek. Albei dié projekte gebruik sport om kinders deur sosiale ontwikkeling op te hef.

Harry keer terug na die Krugerwildtuin, waar hy in Augustus saam met die anti-stroop-eenheid gewerk het, om verdere bewusmaking teen dié probleem aan te wakker.

Op die laaste dag van sy Afrika-toer sal prins Harry in Johannesburg meer oor ons land se geskiedenis leer wanneer hy die Nelson Mandela-stigting besoek.

Dit sal Harry se vierde amptelike besoek aan Suid-Afrika wees. Hy was in 1997 hier saam met sy pa, prins Charles, in 2010 het hy en sy broer, prins William, die Sokkerwêreldbeker-toernooi ondersteun en in 2013 was hy hier in verband met verpligtinge vir Sentebale.

Sal jy graag vir prins Harry wil ontmoet?

  • Ja
  • Nee

Lees ook