Harry
Het jy gehoor?

Prins Harry wil pa word

Die 30-jarige prins Harry wil baie graag met sy eie gesin begin, maar hy wag net vir die regte vrou, berig Hello! 

In ‘n onderhoud met Sky News se Rhiannon Mills het die rooikop-prins gesê: “Daar kom ’n tyd wanneer jy besef dis tyd om rustiger te raak … Ek dink nie mens kan hierdie dinge forseer nie. Dit gebeur wanneer dit gebeur.

“Natuurlik sal ek daarvan hou om nou kinders te hê, maar daar is ’n proses wat gevolg moet word … Dit sal wonderlik wees om iemand aan my sy te hê, om die druk te deel … en ek glo daardie tyd sal kom.”

Harry was in Australië toe prinses Charlotte gebore is en kan glo nie wag om die koninklike pienkvoet vas te hou nie: “Ek sien daarna uit om haar te sien, te ontmoet en vas te hou. Sy was ‘n bietjie laat, dus het ek haar geboorte gemis. Sy sal daaraan moet werk,” het hy geskerts.

Bron: Hello!

Lees ook