philip01
Het jy gehoor?

Prins Philip vier 92ste verjaarsdag + 15 interessante feite

Die prins sal steeds in die hospitaal wees vir sy verjaarsdag, nadat hy verlede week vir ‘n maagkwaal opgeneem is. Maar hy het steeds baie rede om fees te vier!

Hy sal na verwagting baie besoekers vandag ontvang, onder andere sy vrou, koningin Elizabeth; hul kinders, Charles prins van Wallis, prinses Anne, prins Andrew en prins Edward. Volgens berigte sal sy kleinkinders en twee agterkleinkinders, Savannah and Isla Phillips, ook vir hom gaan kuier.

Dan sien hy en koningin Elizabeth ook uit om in Julie hul derde agterkleinkind te verwelkom wanneer Kate en William se eersteling gebore word.

Prince Philip

Die tydskrif HELLO! het 15 interessante feite oor prins Philip uitgesoek: 

  1. Prins Philip het die koningin, toe nog prinses Elizabeth, in 1934 ontmoet by die troue van prinses Marina van Griekeland en die hertog van Kent. Sy was net 8 jaar oud, maar blykbaar was dit vir haar liefde met eerste oogopslag.
  2. Sy troetelnaam vir die koningin is “sausage”.
  3. Hy het ophou rook die dag voor hul troue.
  4. Toe hy getrou het, het hy die ekwivalent van 12 pennies (nie eers R2 nie!) in sy bankrekening gehad.
  5. Vir hul troudag het hy vir die koningin ‘n armband ontwerp. Die stene kom uit sy ma se tiara.
  6. Dit was prins Philip wat in 1952 die nuus aan koningin Elizabeth oorgedra het dat haar pa, koning George VI, oorlede is en sy nou koningin is. Hulle was in Kenië toe hy die nuus ontvang het.
  7. Hy het net nadat prins Charles gebore is, gesê hy lyk soos pruim poeding!
  8. Met Diana se begrafnis in 1997 wou William en Harry nie agter die kis loop nie, maar hul oupa het gedink hulle sal later spyt wees oor dié besluit. Hy het vir hulle gesê: “As julle wil, sal ek saam met julle loop”.
  9. Die manstydskrif GQ het hom as die 33ste besgekleede man in die Verenige Koninkryk aangewys.
  10. In 2008 het sy kleremaker ‘n broek wat hy 52 jaar gelede vir die eerste maal gedra het, verstel.
  11. Hy doen elke dag die Kanadese lugmag oefenroetine wat opsitte insluit.
  12. As ‘n kind het hy vir 7 jaar in Frankryk gebly. Tydens ‘n staatsbesoek in 2008 het die Franse presidentsvrou Carla Bruni-Sarkozy gesê sy Frans is “volmaak”.
  13. Sedert hy die hertog van Edinburgh-fonds in 1956 gestig het, het meer as 4 miljoen kinders van 90 lande daarby gebaat. 
  14. Hy het al meer as 170 lande besoek, meer as 5 000 toesprake gemaak en is betrokke by ongeveer 780 liefdadigheidsorganisasies.
  15. Hy het glo ‘n staatsbegrafnis van die hand gewys en wil ‘n kleiner diens hê met ‘n militêre tema.

Prince Philip

Sien nóg foto’s van prins Philip hier.