FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins William en Catherine besoek Taj Mahal

Dis die oomblik waarop die wêreld al weke lank wag: ’n foto van prins William en sy Kate voor die Taj Mahal. Op die einste bankie waar die ikoniese foto van ’n eensame prinses Diana 24 jaar gelede geneem is. 

In 1992 het fotograwe die krake in prinses Diana en prins Charles se huwelik vasgevang op ‘n foto voor dié monument van liefde. Diana het daardie dag alleen die Taj Mahal in Agra besoek, want prins Charles moes vergaderings bywoon. ’n Paar maande ná hierdie foto geneem is, het die paartjie aangekondig dat hul paaie gaan skei.

12 jaar voordat die ikoniese alleenfoto van prinses Diana geneem is, het prins Charles op dieselfde bankie voor die Taj Mahal gesit.

Die afgelope week het die Cambridges Indië besoek. En die hartseer herinneringe aan die gebroke huwelik van prins Charles en prinses Diana is nou vervang deur dié paartjie se oomblik van vreugde.

Hier’s die Cambridges op dieselfde bankie


Lees nou

Dié rok van Kate Middleton wil almal hê