kate en william
Het jy gehoor?

Prins William en Kate wil met Facebook en Twitter praat oor aanlyn-boelies

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en sy vrou Kate, wil met die sosialemedia-reuse Facebook en Twitter vergader om die groeiende probleem van aanlyn-boelies aan te spreek, berig Hello!.

Volgens die Britse koerant Sunday Times het die koninklike paartjie se kinders, George (2) en Charlotte (6 maande), hulle geïnspireer om dié belangrike kwessie aan te pak. Hulle beplan gesprekke vroeg in die nuwe jaar om te hoor watter oplossings daar teen aanlyn-boelies bedink kan word.

William wil hoor wat die sosialemedia-platforms van hulle kant af kan doen en hoe hy hulle kan bystaan.

Hy en Kate het glo al met jongmense gepraat oor dié wêreldwye probleem wat jonk en oud raak. Hulle is ten sterkste gekant teen boelie in enige vorm. William het verlede week op Geestesgesondheid-dag by die MIND-liefdadigheidsprojek gesê jongmense moet hul ondersteuningsnetwerk ken. Hy het verder gesê sy netwerk bestaan uit sy vrou, Kate, sy pa, prins Charles, sy broer, prins Harry, sy ouma, koningin Elizabeth, sy oupa, prins Philip, en sy hond Lupo.

Lees ook