George en sy pa, William, vroeër vanjaar FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prinse William en Harry: konings van sosiale media

Prins William en broer Harry was die konings van sosiale media toe hulle vir die eerste keer saam deelgeneem het aan ’n aanlyn-gespreksessie (webchat) – en dit nogal vanuit die stoere tradisionele Buckingham-paleis!

Die nuwe aanlyn-gespreksessies wat via Google Hangout gebeur, is deel van die koningin se inisiatief om jong leiers van die Statebond te motiveer. Dié leierskapprogram wil 240 jongmense uit al 53 Statebondnasies oplei en mentor om invloedryke leiers te word.

Maar dit was nie net die regstreekse aanlyn vraag-en-antwoord-sessie wat ’n eerste vir dié monargie was nie – die koninklike broers het ook saam met entrepreneur Jamal Edwards, wat dié gespreksessie gelei het, ’n informele foto geneem wat op Instagram gedeel is – iets wat selde gebeur.

Selfie saam met Flotus!

Jennifer Lopez het gister ’n selfie saam met die Amerikaanse presidentsvrou, Michelle Obama (oftewel Flotus – First Lady of The United States), geneem. Dié foto is byna 1.2 miljoen keer ge-retweet.

AUGustus aug elma smit

Lees ook ons artikel oor selfies in die nuutste uitgawe van SARIE – Maandag op die rakke!