FOTO: Getty Images/ Gallo Images

FOTO: Getty Images/ Gallo Images

Het jy gehoor?

Prins William en broer Harry ondersteun verskillende rugbyspanne

Alhoewel albei dié koninklike broers rugby-aanhangers is, ondersteun die prinse William en Harry verskillende spanne, berig Hello!. Boonop speel die spanne wat hulle ondersteun hierdie Saterdag teen mekaar! 

William, die hertog van Cambridge, het Maandag die Walliese spelers in Londen ontmoet en hulle aangespoor om die Engelse span te wen. William het ook gesê dat hy die wedstryd saam met sy broer gaan kyk.

William is een van die beskermhere van die Walliese Rugbyunie.

Volgens The Telegraph het William ook die span se pette oorhandig, hulle sterkte vir die volgende 6 weke toegewens, en gesê dat hy volle vertroue in die span het.

FOTO: Kate, William en Harry tydens die openingswedstryd van die Rugby-wêreldbeker

Bronne: Hello! en The Telegraph

Lees ook