Die eerste amptelike familiefoto saam met prins George. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins William praat oor baba nommer 2

Sewe maande gelede het ons vir prins George ontmoet en die wêreld wil weet – wanneer kom baba nommer 2?

Die media is vol gerugte dat prins William en Kate, hertogin van Cambridge, vinnig weer ouers wil word. Maar volgens William is “een op die oomblik genoeg”.

William en Kate het gister ’n optog deur die Ierse Garde ter viering van St. Patrick in die suide van Engeland bygewoon. William het vir een van die offisiere gesê dat een kind op die oomblik genoeg is, maar hy het bygevoeg “dalk eendag”, berig Daily Mail. William het glo aan ’n ander offisier gesê dat George kruip en baie eet.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Prins George tydens sy doop
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dit was die koninklike paartjie se eerste gesamentlike amptelike verskyning vir die jaar. Hulle, saam met klein George, vertrek eersdaag op hul Australiese toer. Hiervoor moes Kate glo haar styl verander – lees hier waarom.

George hou saam met sy ma vakansie vroeër vanjaar

George hou saam met sy ma vroeër vanjaar vakansie

Kyk hier na ’n video van die geleentheid. Die hond, Dohmnall, is die gelukbringer van die eerste Bataljon van die Ierse Garde. Kate het aan hom, asook aan die offisiere en wagte, ’n bossie klawer oorhandig.

Bron: Daily Mail