Die eerste gesinsfoto buite die hospitaal toe prins George gebore is. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prins William praat oor vaderskap

Die nuwe pa prins William het vir die eerste keer nadat hy en Kate die hospitaal met klein prins George verlaat het, gepraat oor vaderskap

Prins William en sy vrou Kate, die hertogin van Cambridge, het vóór die geboorte gesê hulle wil graag baie betrokke wees met hul eersteling, daarom gaan hulle nie ‘n voltydse kinderoppasser vir hom kry nie. En volgens William hou die klein prins hulle alreeds besig!

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

“Ons kan nie gelukkiger wees nie” – Prins William

William het aan ‘n polo-wedstryd vir liefdadigheid deelgeneem hierdie naweek. Alhoewel hy die doel geslaan het wat sy span se oorwinning verseker het, het hy ná die tyd gesê sy kop was nie heeltemal by dié wedstryd nie. “My kop was by die baba, ek het gedink oor doeke. Ek was nie regtig gefokus nie.”

Dit klink vir ons asof William sy nuwe status as pa ernstig opneem!

Prins Harry: Ek sal vir prins George oppas

Hy het verder gesê George is gesond en dat ma en pa reeds hul hande vol het, al is hy maar net ‘n paar weke oud. “Hy geniet dit om baie te beweeg. Hy wikkel baie en hou ons op ons tone!

VIDEO: Pa William speel polo en kry oulike geskenk vir prins George

George is geregistreer!

Volgens Britse wet moet babas binne 42 dae geregistreer word – en dit was nie anders vir prins George nie. Sy registrasie is op dieselfde manier behartig as enige baba s’n – behalwe nou natuurlik vir die titels en woonadres!

Die baba se amptelike titel is: His Royal Highness Prince George Alexander Louis of Cambridge. En sy ouers se titels is His Royal Highness Prince William Arthur Philip Louis Duke of Cambridge en Catherine Elizabeth Her Royal Highness the Duchess of Cambridge.

Wat gaan die familie hom noem? Prins Charles verklap kleinseun se bynaam

En hul beroepe? Prins en prinses van die Verenigde Koninkryk wat woon in Kensington Paleis.

Darem nie heeltemal soos al die ander Britse babas nie …

george_birth_certificate_630w

FOTO: Prins George is geregistreer! Foto van Celebuzz

Bron:Celebuzz en Sun Times