Het jy gehoor?

“Ek het my ma baie gemis” – Prins William oor sy troudag

Prins William was ‘hartseer‘ dat sy ma nie sy troudag kon meemaak nie en het haar daardie dag verlede jaar ontsettend gemis.”Ek het myself emosioneel voorberei sodat ek nie ‘n bewerige lip sou hê nie. Ek glo sy sou ons troudag baie geniet het en dat sy ook baie trots sou gewees het op ons albei. Ek is net spyt dat sy nooit vir Kate ontmoet het nie.”

Ook vir Prins Harry was dit ‘n groot gemis en glo hy dat sy “heel moontlik die beste sitplek” gehad het. Hy verklap ook hoe geweldig gespanne almal was omdat daar soveel oë op hulle was. “Die hele dag is ‘n bietjie van ‘n waas.”

Die onderhoud vorm deel van Koningin Elizabeth se diamant-jubileum wat haar 60 jaar op die troon vier.

* Kry al die details van die diamant-jubileum-hoogtepunt van 2 tot 5 Junie.

* Kyk die onderhoud hier.

  • Diana vir altyd

    Diana sou mal oor Kate gewees het. Ek en diana verjaar op dieselfde dag. Sy was vir my die toonbeeld vam elegansie en pragtig. Sy sou haar skoondogter met liefde verwelkom het.

  • wendy

    ai prins william ja jou ma sou so trots op jou gewees het ,maar een ding sy het julle so lief gehad en twee pragtige mans groot gemaak sterkte dink aan al die goeie tye saam en daar was baie xx

  • Anita.

    Ek was ‘n groot aanhanger van Diana en was op Prins William en Kate se troudag net so hartseer dat sy hulle nie kon sien trou nie. Hoe moes hy en Harry nie gevoel het nie?
    Ek glo sy en Kate sou wonderlik oor die weg gekom het.