Het jy gehoor?

Prins William word 30!

Die afgelope twee maande was ‘n warrelwind van geleenthede en formele uitrustings met sy ouma, Koningin Elizabeth, se diamant-jubileum, haar amptelike verjaarsdag op 16 Junie, gister (18 Junie) se Order of the Garter Service by die Windsor-kasteel, sy en Kate se eerste huweliksherdenking en natuurlik die Olimpiese Spele wat 27 Julie in Londen afskop.

Dertig jaar gelede, 21 Junie 1982, is Prins William, seun van wyle Prinses Diana en Prins Charles en die toekomstige koning van Brittanje, in die St. Mary’s-hospitaal in Londen gebore. Hy het letterlik voor ons almal se oë groot geword – en het hy nie mooi groot geword nie!

Prins William en sy hond

Sy eie pa, Prins Charles, was op sy dertigste nog ongetroud en die druk om ‘n vrou te kies het toenemend groter geword. Hy en Lady Diana Spencer (toe 21 jaar oud) is drie jaar later getroud.

William het onlangs in ‘n openhartige onderhoud met ABC-aanbieder, Katie Couric, gesê dat dit vir hom en Kate belangrik is om binnekort ‘n gesin van hul eie te hê. Vroeër dié jaar het hul gesin wel uitgebrei met hul viervoetige ‘kind’, die hond Lupo.

Prins William en Lupo

Kate is na bewering ook besig om met sy beste vriende en familie te koukus oor hoe om hierdie groot verjaarsdag ‘n onvergeetlike een vir hom te maak.

Kan jy hierdie prag-oomblikke uit Prins William se lewe onthou?

WATTER OOMBLIK UIT SY LEWE STAAN VIR JOU UIT?

Facebook-vriend Heste Janse van Rensburg het ons herinner aan die oomblik toe Prinses Diana ‘n huilende baba William tydens sy doop met haar pinkie vertroos het! Kyk dit hier:


  • Amana

    Hy is ‘n pragtige seun, en ons almal onthou daai pinkie in sy mond toe hy gedoop is. Aantreklike jong man met net so ‘n pragtige vrou aan sy sy. Mag hy ook die genade van God elke oomblik in sy lewe ervaar en Hom leer ken as die Koning van die Konings.

  • Theoline Jacobs

    Pragtige jongman…ek is seker sy ma sou nou baie trots op hom gewees het.

  • N Visser

    Dianne se dood sal altyd vir my ‘n raaisel bly. Sy was ‘n wonderlike moeder vir haar seuns – hulle bewys dit as volwassenes. Mag hulle eendag weer versoen wees in die Hemel.

  • Christiaan

    My Ma sou gese het ‘n oop voorkop dui op karakter. ‘n Man wat lief is vir honde kan nie anders as om karakter te he nie. ‘n Oulike seun sou ek se.

  • WENDY

    DAAR IS SO BAIE MOOI GOED EN FOTOS OM TE ONTHOU OOR PRINS WILLIAM EN PRINCESS DIANA BAIE GELUK PRINS WILLIAM X

  • nicolene

    Wat n oulike jong man! Hy is sy wonderlike ma se kind. Sy was n baie goeie mamma en het die regte grondslag vir haar 2 seuns gele. Die Britse volk kan trots wees op hulle 2 prinse. Nou het Will nog so n pragtige vroutjie ook bygebring! Hulle is vir my die ideale paartjie. Niks fout te vind nie. Kyk hoe lief is hy vir hul hondjie en neem altyd van sy vroutjie notisie,maak nie saak waar hulle is nie. Hy is n mens mens en mag God hom seen en lei in die onbekende toekoms in.

  • Belinda

    Diana jy sal altyd vir my die mooiste vrou bly, selfs jare na jou dood het ek nog niemand gekry in wie se lewe ek so belanggestel het nie!!