princess_diana
Het jy gehoor?

Prinse William & Harry se emosionele huldeblyk aan hul ma

Sewentien jaar ná hul ma se dood deel prinse William en Harry ’n hartroerende huldeblyk aan hul ma, prinses Diana.

Hulle het die voorwoord geskryf in ’n nuwe boek ten bate van The Diana Award. Dié liefdadigheidsorganisasie is 2 jaar ná Diana se dood gestig en wil afknouery en sosiale uitsluiting, veral onder tieners, bekamp. Die organisasie beloon elke jaar jong mense wat hulle hiervoor beywer. Die prinse skryf:

Ons glo wanneer jong mense ondersteun en aangemoedig word, het hulle die vermoë om die samelewing te verbeter. Ons weet dat ons ma, wie se nagedagtenis dié toekenning geïnspireer het, dieselfde gevoel het. Sy sou trots gewees het op die organisasie se prestasies.

 

william diana

Bron: Hello!

Lees meer: