Het jy gehoor?

Prinses Caroline se seun na hospitaal geneem

Die 24-jarige prins het saam met 3 vriende by die Double Seven-nagklub in die trendy Meatpacking-distrik van New York gekuier toe die vuisgeveg uitgebreek het. Hy is met diep snye op sy gesig hospitaal toe geneem. ‘n Voormalige nagklub-eienaar is in hegtenis geneem. Volgens sy verklaring het hy die eer van die vroue wat saam met hom was, probeer beskerm.

Volgens ‘n ooggetuie het sy beserings so erg gelyk dat hy vermoed dat bene in sy gesig gebreek is. “Dit lyk of hy plastiese snykunde sal moet kry.”

Die Monaco koningshuis het geweier om kommentaar te lewer.

  • Lindy

    Ag nee en dit is so mooi seun!

  • Paula Vorster

    Sjoe, hy trek sterk op sy oordede pa! Ek hoop maar sy beserings is nie te ernstig ni….

  • Sorine

    Mooi of te nie – wanneer hoor mens van ellendes wat die rykes en beroemdes tref? Elke liewe keer as daar in "’n nagklub gekuier is"!!! Regtig my simpatie is min.

  • Silena

    Stem saam met Paula Vorster, hy is sy oorlede pa se ewebeeld!!!