getty_albert_charlene
Het jy gehoor?

Prinses Charlene en Prins Albert: 1 jaar getroud!

Prinses Charlene en Prins Albert het hul eerste mylpaal as getroude paartjie oorgesteek. Hul huweliksbootjie se eerste seereis het in redelike rowwe waters begin met hardnekkige gerugte dat sy nét voor die troue probeer vlug het. Haar vreemde gedrag tydens die seremonie in die kerk het almal aan die wonder en bekommerd gehad.

Selfs op die modefront het haar voorliefde vir ‘n somber kleurpalet haar gesigsuitdrukkings ge-eggo. Ook by die koninklike paartjie se verskyning by die Oscars verlede jaar het sy, sonder ‘n teken van ‘n glimlag, op die rooi tapyt verskyn in haar ‘veilige’ keuse deur een van haar gunsteling ontwerpers, Akris.

Maar onlangs ná ‘n nuwe, meer moderne haarstyl en haar glansryke voorkoms (ja, moet bloedrooi lippe!) by die 2012 Monaco Grand Prix het opskrifte wêreldwyd gejuig dat die ou Charlene terug is!

Prinses Charlene en Prins Albert glansryk by die Monao Grand Prix 2012

Dís wat Prins Albert oor sy vrou te sê gehad het op hul eerste huweliksherdenking:

“Ons is werklik gelukkig en voel of ons gister getroud is. Ek is baie trots op wat my vrou hierdie afgelope jaar vermag het. Die skepping van haar Stigting ten bate van kinders en sport, en haar betrokkenheid deur haar nuwe rol in Monaco. Sy vertolk dié moeilike rol perfek en daarvoor sê ek baie dankie.”

Toe Prins Albert se ouers, Prins Rainier en Prinses Grace, hul eerste huweliksherdenking gevier het, was hul reeds die ouers van Prinses Caroline wat sowat 9 maande ná hul troue gebore is. Die pers bespiegel dat die druk op Prinses Charlene om swanger te raak haar erg depressief maak.

Ons hoop van harte dat hierdie slegs gerugte is . . .

  • Anell

    Een van daardie werklik gelukkige vrouens wat goed lyk met enige haarstyl, gesig is klassiek pragtig so styl maak haar gesig oop en ek hou nie gewoonlik daarvan as vrouens kort hare het nie, maar dit pas haar

  • Lillian

    Dis alles net aansit … onthou die troue? Dit het gelyk of sy enige oomblik gaan opvlieg, haar rok in haar hande bondel en uithol! Sy was een van die ongelukkigste bruide wat ek nog in my lewe gesien het. Arme kind, selfs al het hulle die eerste jaar oorleef, het ek my bedenkinge of die huwelik gaan slaag.

  • Ina van Pretoria

    Hoewel Charlene bitterlik ongelukkig voorgekom het tydens die huwelikseremonie in die kerk verlde jaar, weet niemand van ons wat intussen tussen hulle plaasgevind het en of sy nou gelukkiger is nie. Kom ons gee hulle ‘n regverdige kans; dis nie ‘n maklike situasie waarin sy haar bevind nie, en die rolle wat sy moet vertolk verg baie van haar. Trouens, enige huwelik gaan maar deur sy groeipyne; laat ons nie te vinnig oordeel nie.

  • Elizabeth

    Ai tog! Ek het GLAD nie gedink sy het so vreeslik ongelukkig op haar troudag gelyk nie! Sereen? JA BESLIS! Die trane met haar ruiker se neerle kan mens verstaan – al die mense wat jou so kyk en elke oogknip bespreek en beskinder en dinge in jou sien wat glad nie bestaan nie -ek sou ook grens! Ek hoop Albert laat sy streke staan en dat mense sal ophou skinder oor hulle! Ek wens hulle net die beste toe, sy is en bly pragtig alhoewel ek persoonlik die lang hare verkies het.

  • Susan

    Sjoe, hy lyk alles behalwe gelukkig??

  • Karin

    Baie geluk.Jy het jou goed van jou taak gekwyt!!

  • Timmie

    Sy’s pragtig en hy is dalk net besig om iets te sê, ons sien hom nie van voor af nie. Ek gun hulle die mooiste pad vorentoe, dit moet absoluut uitdagend wees om altyd so in die openbare oog te wees – ons het mos maar almal ons onder-onsies in die huwelik!!

  • Simone

    Charlene is, was en sal altyd pragtig lyk. Ek haal my hoed af vir haar vir die rol wat sy moet vertolk in haar lewe. Baie geluk ook Albert en Charlene met die huweliksherdenking. Vorentoe kan dit net beter gaan.

  • Elizabeth

    Die foto is onlangs by die F1 Gran Prix in Monaco geneem en sowaar – nou sien iemand weer die man is "ongelukkig"! Hy is besig om te praat!! Dis net soos daar gereeld die afgryslikste foto’s van Helen Zille in die pers verskyn waar sy bv op ‘n snaakse hoek afgeneem is met haar mond oop waar sy besig is om iets te sê. Sy lyk dan vreeslik! Kom tog by mense – wens hul liefs geluk en voorspoed toe enmoenie dinge sien wat nie gebeur nie.

  • Hannatjie die heksie

    Wat de donner het hul ‘moods’ met ons te make??? Sensasie! Pure KAK!!!

  • louise

    Skoonlief en die ONDIER.

  • Julie Atwell

    Die kort hare pas haar baie goed en sy herrinner my vreeslik baie aan haar oorlede skoonma – die skoonheid, statigheid en sy lyk en gedra haar altyd soos n ware prinses. Wens hulle n wonderlike en gelukkige toekoms saam.

  • Leila

    Haar gesigsuitdrukking op haar troudag was glad nie vir my vreemd nie. Ek beny haar om so die hele seremonie deur te kon konsentreer op die Frans. Dit is nie ‘n grap om Frans te leer en korrek uit te spreek nie en ‘n nagmerrie om iemand te volg wat vinnig Frans praat. Ek kan dink sy moes ‘n verskriklike skeel hoofpyn gehad het van die inspanning en as mens kyk hoe die mense in die tent gesweet het, sal ek nie eens verbaas wees as dit ‘n migraine was nie.