FOTO: Facebook/ IPalais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

FOTO: Facebook/ IPalais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

Het jy gehoor?

Prinses Charlene gesels oor hul tweeling

Prinses Charlene het in ’n onderhoud met die Franse tydskrif Paris Match gesels oor haar en prins Albert se tweeling, Jacques en Gabriella, berig Hello!

Sy en prins Albert het dié gesamentlike onderhoud toegestaan as deel van die vieringe van sy eerste dekade op die troon van Monaco. Prinses Charlene het onder meer gesels oor hoe die tweeling se persoonlikhede nou begin ontwikkel.

“Jacques aard beslis na sy pa, hy is die baas. Hy het min slaap nodig en let op na alles om hom. Hy is ook besitlik oor sy sussie,” het sy vertel.

“Gabriella is weer ’n regte prinsessie. Sy is mal oor pienk en hou niks van die woord ‘nee’ nie,” het prinses Charlene voortgegaan.

Volgens haar is dit wonderlik om die tweeling dop te hou. “Hulle leef in hul eie klein wêreldjie.” En nes hul ma, ‘n Olimpiese swemmer, is die twee reeds gek na water. “Hulle gaan moontlik kan swem nog voor hulle loop,” het sy geskerts.

“Prins Albert is ’n wonderlike pa. Soms hoor ek hoe hy diep in gesprek met hulle is terwyl hulle albei in sy arms lê. Hy maak tyd vir hulle, want familie lê hom baie na aan die hart.”

Die tweeling is 10 Desember 2014 gebore en is nou sewe maande oud.

Bronne: Hello! en Paris Match

Lees ook