Het jy gehoor?

FOTO’S: Prinses Charlene ontmoet Pous en herinner aan Grace Kelly

Charlene het soos Grace Kelly (wat Pous Pius XII in 1957 ontmoet het) ’n eenvoudige, stemmige kant-rok en sluier aangehad toe sy Pous Benediktus XVI ontmoet het.

Die verskil? Charlene was wel in ’n roomkleurige Dior-rok geklee en nie in swart soos wat die tradisie is nie.   

Gaste van die Pous word aanbeveel om donker kleure te dra. Vroue moet verkieslik ’n rok of romp dra wat ten minste die knieë bedek (geen broeke); ’n swart bostuk met lang moue; eenvoudige juweliersware; en toe-skoene. ’n Swart hoed of sluier (mantilla) is opsioneel.

Vir ’n vrou om in ’n wit uitrusting die pous te ontmoet word as smaakloos beskou. So het verskeie leiers dié fout al begaan, soos Winnie Mandela in 1990, en Cherie Blair, vrou van die voormalige Britse premier Tony Blair in 2006.

Die 34-jarige Suid-Afrikaner is egter een van min mense in die wêreld wat wit in die teenwoordigheid van die Pous mag dra. Sy is die Privilege du blanc toegestaan wat letterlik beteken ‘die voorreg van wit’. Gewoonlik kry vroulike Katolieke koninklikes en die vroue van die Katolieke monarge dié voorreg. Ander wat die voorreg toegestaan is, is die koninklike gesin van België, Spanje en Luxemburg.  

Pous Benediktus XVI wat aktief op Twitter is (@Pontifex), het nie oor dié geleentheid getwiet nie, maar het vir Charlene geprys vir haar Olimpiese swemprestasies.  

Charlene en haar man, Prins Albert II se afspraak was in die pous se biblioteek en het net 15 minute geduur. Hulle het gepraat oor die Katolieke Kerk se bydra tot die samelewing, omgewingsake en die aarde se natuurlike hulpbronne – alles in Frans. Die pous het vir die paartjie ’n rooi potloodskets van die St. Peter-katedraal  gegee.

HIER ONTMOET HAAR SKOONMA DIE POUS IN 1957:

Prinses Grace ontmoet die Pous

  • Marlaine

    Sy is Pragtig!!!! Charlene straal, ek is so bly sy is gelukkig en dat sy die wereld verkeerd bewys het met al die negatiewe dinge wat oor en haar prins gese is 😉

  • mariette

    Ek dink Grace Kelly sal baie trots wees op haar skoondogter, shame dis so bad dat sy en Diana nie hier is meer saam met ons om die nuwe gebeurtenisse saam te deel nie.

    Ek dink ook meer dat die twee skoonhede sal ons Charlene en Kate goed oor die weg gekom het, RIP Grace Kelly en Prinses Diana