Het jy gehoor?

Prinses Charlene op die voorblad van Vogue

Dit is een van die gesogste voorblaaie ter wêreld. Om gevra te word om op ’n Vogue-voorblad te verskyn beteken jy het die nodige styl en bekendheid daarvoor. Maar ons het nog altyd geweet ons Charlene is goed genoeg vir dié eer.

Charlene lyk baie elegant op die voorblad in ’n wit rolnek-rok. Haar hare is agteroor gekam, ‘n styl wat nou baie trendy is. Dié voorblad is reeds ‘n lang tyd aan die kom. Charlene was al in die binnekant van die Amerikaanse Vogue en sy is op die voorblad van die Italiaanse Vogue met Grace Kelly vergelyk. Prinses Caroline van Monaco en haar dogter Charlotte Casiraghi het ook reeds hul eie Vogue-voorblaaie gehad.

Maar Charlene het dié fotosessie haar eie gemaak. Aan die binnekant van die tydskrif is die 35-jarige voormalige Olimpiese swemmer in die modieuse monochromatiese voorkoms. Hoewel sy vóór haar troue gesê het haar kleredrag en styl is een van haar grootste uitdagings as nuwe prinses, is dié vrees iets van die verlede. Sy is nou ’n gereelde besoeker van modeweke en is mal oor ontwerpers soos Dior, Armani en Akris. En met sulke styl en haar pragtige gesig is ons seker dit gaan nie haar laaste gesogte voorblad wees nie.

[box:full:red:both]

Kry Charlene se monochromatiese voorkoms in die sarie.com winkel

[/box]

Monochromatiese rok

Potloodrok van MarethColleen

Swart hoëhakskoene

Swart kunsslangvel-motief hakskoene

Sanita Ring

Sanita-ring