Prinses Charlene besig met die swemles

Prinses Charlene besig met die swemles

Het jy gehoor?

Prinses Charlene se spesiale swemles

Die Prinses Charlene van Monaco-stigting het onlangs minder bevoorregte Suid-Afrikaanse kinders, wat gekies is volgens hul atletiese prestasie, genooi om deel te neem aan die Saint Devote-toernooi, ’n rugby-uitruilprogram in Monaco. Dit is een van die groot projekte wat vanjaar deur dié stigting aangepak word. 

Ná afloop van die toernooi, wat op 11 April plaasgevind het, het die prinses ’n geleentheid bygewoon waar die Suid-Afrikaners met plaaslike kinders van Monaco kon sosialiseer. Hulle is baie vriendelik deur kinders van die Collège Charles III en die Collège François d’Assise ontvang.

Die prinses het die Suid-Afrikaners hierna verras met ’n persoonlike swemles.

Charlene fokus veral op sport en opvoeding en haar programme leer kinders onder meer swem en oor waterveiligheid.

Kyk hier na foto’s van die geleentheid