FOTO: Facebook  Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

FOTO: Facebook Palais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

Het jy gehoor?

Prinses Charlene se tweeling word op Moedersdag gedoop

Prinses Charlene en prins Albert II se tweeling, Jacques en Gabriella, word op Moedersdag in die Monaco-katedraal gedoop. Dié nuus is op die monargie se amptelike Facebook-blad bekend gemaak. 

Die seremonie vind Sondag 10 Mei (om 10:30 vm) in die teenwoordigheid van die koninklike familie van Monaco plaas, en die Wittstocks van Suid-Afrika sal ook daar wees.

Jacques se peetouers is Christopher le Vine en Diane de Polignac Nigra. Gareth Wittstock (Charlene se broer) en Nerine Pienaar (oud-Springbokkaptein Francois Pienaar se vrou) is Gabriella s’n.

Die hele doopseremonie sal op Monaco se Info-kanaal op die prins se amptelike Facebook-blad uitgesaai word.

Die koninklike tweeling word ook Sondag vyf maande oud.

Lees ook