FOTO: Facebook/ IPalais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

FOTO: Facebook/ IPalais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

Het jy gehoor?

Prinses Charlene van Monaco kry haar eie seël met ’n tikkie SA daarby

Die prinses van Monaco en voormalige Suid-Afrikaanse swemmer, Charlene Wittstock, se gesig sal een van die dae op ’n amptelike seël verskyn, berig FemaleFirst

Prinses Charlene seël

Dié seël sal op 3 Desember by Monaco se filateliese tentoonstelling vir posseëlversamelaars, MonocoPhil, bekend gestel word. Stéfanie van Zyl se portret van Charlene is gebruik vir die seël en dit is deur Elsa Catelin ingeëts.

Nes die prinses het die seël ook Suid-Afrikaanse konneksies. Op die agtergrond pryk ’n bos proteas, een van Charlene se gunsteling-blomme, berig die Sunday Times.

Stéfanie is ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat al verskeie skilderye vir die koninklike paartjie van Monaco geskilder het. Nog ’n portret van Charlene en een van twee leeus tel onder hul persoonlike versameling.

Stéfanie het dié foto op haar Facebook-blad gedeel

The poster advertising the stamp I did of HSH Princess Charlene of Monaco-coming out the 3rd December. /L’affiche annoncant la sortie de mon timbre à l’éffigie de SAS La Princesse Charlène de Monaco

Posted by Stefanie van Zyl -portraits and artwork on Saturday, October 24, 2015

 

Prinses Charlene se seël sal jou sowat R25 uit die sak jaag.

Hou jy van prinses Charlene se seël?

  • Ja
  • Nee

Lees ook