FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Prinses Charlene van Monaco se nuwe kórt haarstyl, plus nuus oor die tweeling

Prinses Charlene van Monaco het tydens ’n huldeblyk aan die slagoffers van die Parys-aanvalle met ’n kortgeknipte haarstyl verskyn. Die monargie het dié foto’s van haar en haar man, prins Albert, op hul Facebook-blad gedeel.

 

Prins Albert se suster prinses Caroline was ook by dié geleentheid waar al die personeellede van die paleis in Monaco om twaalfuur gistermiddag ’n minuut se stilte gehandhaaf het ter ere van die slagoffers in Parys.

Prinses Charlene se hare is baie korter as voorheen. Hoevel sy gereeld haar haarstyl verander, is dié pixie-styl ’n eerste vir haar.

Die bokser Ruslan Provodnikov het dié foto van homself saam met die prinses op Instagram gedeel voor sy geveg teen Jesus Alvarez Rodriguez in Monaco.

Hello! berig die tweeling, wat op 10 Desember hul eerste verjaardag vier, begin al loop. Prins Albert het in die aanloop tot hul nasionale dag, wat oormôre, 19 November, gevier word, aan Monaco-Matin gesê die tweeling begin hul eerste treë neem. Hy het gesê as die weer dit toelaat, sal prins Jacques en prinses Gabriella saam met hom en prinses Charlene op die balkon verskyn.

Hy sê hulle probeer hulself uitdruk met klein woordjies. Hy praat Frans met hulle.

Maar die verrigtinge ter viering van hul nasionale dag sal nie so vrolik soos gewoonlik wees nie. Met die Parys-aanvalle net dae gelede, is die vuurwerkvertoning gekanselleer en alle vlae in die koninkryk hang halfmas.

Bronne: Hello! en Palais Princier de Monaco

Lees ook