charlene_birthdaylr
Het jy gehoor?

Prinses Charlene verjaar te midde van vele kontroversie

Die hof het ten gunste van die paartjie beslis in ’n saak waarin Charlene se man, prins Albert, ’n Europese koerant gedagvaar het. Die koerant het berig dat hy Charlene in ’n skynhuwelik geboelie het, haar paspoort weggesteek het en sy rug draai op verskeie korrupte aktiwiteite in Monaco. Die koerant moes om verskoning vra en beken dat alle aantygings onwaar is. Hulle moes ook die prins se regskoste dek en skadevergoeding aan die paartjie betaal.

Maar dit is ook die rolprent, Grace of Monaco, wat handel oor Charlene se skoonma, wyle prinses Grace, wat die Monaco-koninklikes ongelukkig maak.

Prinses Grace se kinders, prins Albert, prinses Caroline en prinses Stéphanie het die draaiboek van Arash Amel afgeskiet. Hulle sê dit bevat historiese onwaarhede en dat dele geheel en al fiktief is. Die Amerikaanse Grace Kelly is in 1956 met hul pa, prins Rainier van Monaco, getroud en was daarna bekend as prinses Grace van Monaco.

Nicole Kidman speel die rol van Grace Kelly, maar Charlize Theron is glo ook oorweeg vir dié rol. Die draaiboek was in 2011 op ’n Hollywood-lys van draaiboeke wat nog nie gemaak is nie, maar wat groot potensiaal het.

Gelukkig het die koninklikes tussen alles deur darem tyd vir ontspan ook. Charlene en Albert het saam met prinses Stéphanie van Monaco en haar 18-jarige dogter, Pauline Ducruet, die gala-aand van die 37ste internasionale sirkusfees in Monte Carlo bygewoon. Charlene het beeldskoon gelyk in ’n swart rok, met helderrooi lippe en ’n gladde haarstyl. Haar klassieke styl herinner ons so baie aan dié van Grace Kelly.

  • Margaret van Eck Schoeman

    Prinses Charlene is een van Suid-Afrika se beste "uitvoer produkte" en ek is besonder trots op haar. Ek voel egter dis onregverdig om haar gedurig met prinses Grace te vergelyk. Sy is haar eie mens. Ek wens die media wil dit besef en haar toelaat om haar eie stempel op Monaco as eggenote van prins Albert af te druk.

  • anita carstens

    daar is altyd 3 kante.. myne joune en die waarheid… en agv die feit dat almal wat in die kollig lewe nie wil he hulle lewens moet elke dag in die media blootgestel word nie sal hulle enigiets doen om dit te verhoed.. Al beteken dit dat hulle moet lieg…so die waarheid oor daai troue sal mens nooit weet nie… maar as jy kyk na die troue se fotos.. sy was beslis nie n stralende bruid nie…

  • Retha

    So mooi, maar sy lyk so ongelukkig, en op die foto lyk sy veels TE oud vir haar prille 35 jaar.

  • Marietjie

    Charlene het ons Olimpiese swemmers ‘n reuseguns gedoen deur hulle voor die Londonse Olimpiese Spele by die swembad in Monaco te laat oefen en akklimatiseer. Die swemmers het almal net lof vir haar belangstelling en meelewing.

  • Liz Erasmus

    Ai die arme vrou. Sy lyk nooit stralend nie, nie toe sy jonger was en nog geswem en gewen het nie, nie toe sy verloof geraak het nie en nie toe sy getrou het nie. Dis dalk hoe sy lyk!!! Dis haar stralende gesig! Los die arme vrou tog maar uit. Ek is trots op haar nes sy is en nes sy lyk en nes sy optree. Een ding is ek seker van: Ek sou nie stralend kon lyk (soos wat die wereld wil he stralend moet lyk nie???) want daai Prins is definitief besig om terug te verander in ‘n Padda! Oud word is nie vir sussie nie!!!

  • Jeanette

    Dit maak tog werklik nie vir ons saak wat die omstandighede van hul troue was nie. Dit is hulle lewe. Gun hulle om dit te leef en konsentreer eerder daarop om jou eie lewe ‘n gehalte lewe te maak en konsentreer dus op jou eie verhoudings. Lyk julle stralend nen elegant op elke foto wat van julle geneem word? Wat gaan agter julle skerms aan? Werk daaraan en of waardeer die wondergawe van geluk leifde en voorspoed. Koester dit.

  • Anic Jordaan

    Ek gun haar haar lewe en ek probeer niks leliks raak te sien nie en ons ou mensdom roem so graag ons is Christene maar o wee kan nie wag om hul bekke oop te maak oor ander nie, as elke mens regtig iets goeds en mooi in ander raaksien sal die wÉreld ‘n beter plek wees, ek hou nie van die woord christen nie want elke mens is glo een en tree nie so op nie…ek poog regtig om elkedag ‘n kind van die here te wees dit is nie altyd maklik nie. Hulle is regtig ‘n nice couple en basta

  • Elizabeth

    1. Vi rmy was sy ‘n PRGATIGE bruid. Serene en nie uitspattig – soos dit haar betaam – die Franse is van nature meer terughoudend en ek dink nie hul sou ‘n uitspattige of lawwe bruid respekteer nie.Kyk maar weer na Prinses Grace se foto’s – sy lyk net so stemmig en serene – as dit nou ongelukkig is dan weet ek wraggies nie!
    2. Die hooffoto by hierdie berig lyk sy BESLIS stralend mooi.
    3. Sy gaan die Pous ontmoet mense – moet sy nou lyk soos iemand wat sirkus toe gaan?? Sy is eenvoudig stemmig soos die geleentheid vereis.

    Trots op u "your serene highness Princess Charlene" !!! Jy is lielfik, statig en beeldskoon – trots op jou!.

  • Cat

    Ek stem, dit is haar look. Sy is dalk net meer ernstig van geaardheid en beskerm haarself teen die booswigte wat voortdurend iets te se het oor haar. En nee, sy lyk nie soos prinses Grace nie. Prinses Grace was ‘n filmster met al die Hollywood glow wat daarmee saamgaan en dit is baie min mense wat haar dit kan nadoen – nie eers vandag se Hollywood poppies lyk so nie. Charlene het meer die hoofmeisie persona – hulle doen alles reg want dit is soos dit moet wees.