FOTO Instagram/@kensingtonroyals

FOTO Instagram/@kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Prinses Charlotte is een!

’n Jaar gelede het ‘n groot groep joernaliste en fotograwe buite die St. Mary’s-hospitaal gewag om die nuutste koninklike baba te ontmoet: prinses Charlotte Elizabeth Diana. En vandag vier die hertog en hertogin van Cambridge, William en Kate, se dogter haar eerste verjaarsdag.

Haar ma het dalk die Kate-effek, maar jong prinses Charlotte trek gereeld die aandag en het al selfs haar eie lipstiffie-skakering gekry. Die bekende ontwerper Marc Jacobs het in Februarie onthul dat die nuutste kleur in sy Le Marc Lip Crème-lipstiffiereeks Charlotte heet.

Sy het ook al speelgoed van vier presidente ontvang, waaronder die presidente Barack Obama en Enrique Peña Nieto van Mexiko, berig The Telegraph. Die Britste premier, David Cameron, het vir haar ’n boek van Hans Christian Andersen se feëverhale gegee. En prinses Charlotte het selfs ’n nagpakkie van die All Blacks ontvang!

Gister het Kensington-paleis foto’s van prinses Charlotte bekend gestel. Kate het, soos die vorige kere, ook hierdie foto’s self geneem.

The Duchess took these pictures of her daughter in April at their home in Norfolk. copyright HRH The Duchess of Cambridge. A photo posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

We hope everyone enjoys these lovely photos as much as we do.. A photo posted by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on


Daar’s beslis trekke van prins William se ma, wyle prinses Diana.

Charlotte se jaar in foto’s

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop  FOTO: Instagram  kensingtonroyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop
FOTO: Instagram kensingtonroyal

FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

Baie geluk, Charlotte!

Lees nou

Dís in Kate Middleton se grimeersakkie

FOTO’s: Prins George en prinses Charlotte se gesinsvakansie

Prinses Charlotte se amptelike doopfoto’s