FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

FOTO: Instagram / @KensingtonRoyal

Het jy gehoor?

Prinses Charlotte kry uitspattige Disney-skildery van $200 000

Prinses Charlotte het ‘n $200 000 (sowat R 2,5 miljoen) se Sneeuwitjie-skildery geskenk gekry vir haar doop.

Vanity Fair berig dat ’n familievriend dié handgemaakte olieskildery van Disney se Sneeuwitjie en die sewe dwergies laat maak het.

stacks_image_1166

Die kleurryke skildery is twee meter hoog en ’n replika van die oorspronklike advertensiebord vir dié klassieke 1937-fliek. Die Britse skilder Stephen Cawston het sowat ’n maand geswoeg om die skildery klaar te maak. Hy het twee geskilder en die ander een is nou in die Homarge-galery in Londen. Die F1-baas Bernie Ecclestone stel na bewering belang om dit vir sy kleinkinders te koop.

Volgens E!online is dié skildery een van die meer uitspattige geskenke wat die jong prinses ontvang het. Prins Charles het vir haar ’n foto gegee van homself saam met sy kleinkinders, in ’n silwerraam met sy ordetekens daarop gegraveer. Pippa Middleton, Kate se suster, het vir Charlotte ontwerpersklere gegee.

Bron: Vanity Fair en E!online

Lees nou