Het jy gehoor?

Prinses Charlotte se blomme dien goeie doel

Die koninklike gesin sal alle blomme wat lede van die publiek as geskenk vir prinses Charlotte se doop bring, aan die EACH-hospiesgroep skenk.

Volgens People tree Kate sedert 2012 as koninklike beskermheer van die East Anglia’s Children’s Hospices op.

Prins Willam en Kate het die publiek genooi om deel te wees van die geleentheid en buite die St. Mary Magdalene-kerk in Sandringham bymekaar te kom.

Volgens E!Online is Mario Testino die amptelike fotograaf vir die doop.

Mario het al onder andere prins William en Kate se amptelike verlowingsfoto’s geneem, asook in 1997 ʼn reeks foto’s van oorlede prinses Diana.

« »

Bronne: People en E!Online

Lees ook