FOTO Instagram/@kensingtonroyals

FOTO Instagram/@kensingtonroyals

Het jy gehoor?

Prinses Charlotte se eerste toer

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate Middleton, gaan vanaf 24 September Kanada toe op ’n amptelike toer van 8 dae.

En hierdie ampsbesoek is veral ekstra spesiaal, want dit sal prinses Charlotte se eerste een wees!

Ouboet prins George se eerste ampsbesoek was in 2014, toe hy saam met sy ma en pa in Nieu-Seeland en Australië gaan kuier het.

FOTO Instagram / @Kensingtonroyals

FOTO Instagram / @Kensingtonroyals

Met só ’n reis moet als natuurlik eksieperfeksie wees, daarom het hulle omtrent ’n gevolg en ’n half wat saamgaan.

Kate se span

Sekretaresse: Rebecca Deacon Rebecca sal sorg dat alles seepglad verloop. Indien Kate op haar eie ’n geleentheid moet bywoon, sal sý haar regterhand wees. Rebecca beplan ook die hertogin se dagboek.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

  Persoonlike assistent en uitrustings: Natasha “Tash” Archer

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Buiten dat sy vir Kate persoonlik ondersteun, sal Natasha voor die toer spesiale uitrustings vir die hertogin uitsoek. Dis gewoonlik uitrustings deur Engelse ontwerpers.

Hare: Amanda Tucker Wat is Kate sonder haar ikoniese lokke? En haar haarkapper Amanda Tucker sal sorg dat elke haartjie op sy plek is.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals 

William se span

Sekretaris: Miguel Head Hy is William se regterhand en sal sorg dat die besoek moeiteloos verloop. Hy beplan ook William se dagboek.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Diplomatieke adviseur: Sir David Manning Sir David sal diplomatieke raad gee aan sowel William as Kate. Hy is persoonlik in 2009 deur koningin Elizabeth II gekies om hulle te adviseer. Hy gee ook raad aan prins Harry.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Woordvoerder: Jason Knauf Dié Amerikaner sal ’n span van vier lei om seker te maak alle medianavrae word goed hanteer.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

 

Prins George en prinses Charlotte

Of jy nou van dié koninklikes hou of nie, hul kinders bly darem maar ougat! En daar sal beslis oulike foto’s van dié twee verskyn. Uitstappies en spesiale besoeke gaan vir hulle gereël word.

FOTO Instagram / @kensingtonroyal

FOTO Instagram / @kensingtonroyal

Oppasser: Maria Teresa Turrion Borrallo Maria is die Cambridges se eie Mary Poppins. Kate respekteer haar ontsaglik baie en sal dikwels die kinders aantrek in die klere wat Maria persoonlik uitgekies of selfs as present gegee het.

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

FOTO Instagram / @kensingtonroyals

Die toer sal op 24 September afskop.

Lees nou

Keira die nuwe Sugar Plum Fairy

Dié 5 kleure laat donkerkoppe fantasties lyk

Pieter-Dirk se 10 lewensreëls