Het jy gehoor?

Prinses Di se broer verloof aan fliekman se eks

Sy is die stigter van ’n liefdadigheidsorganisasie, Whole Child International, wat omsien na kinders wat mishandel, gemolesteer, verwaarloos of wees is.

Die huwelik sal Charles se derde wees en Britse poniekoerante het ná die aankondiging gepryk met opskrifte soos: Hoe lank sal dit dié keer hou? Hy het vier kinders.

Die twee beplan om ‘n klein, intieme seremonie met familie en goeie vriende te hê, berig die Canadian SUN. Die geleentheid vind op 18 Junie op Althorp in die Engelse platteland plaas.

Karen was voorheen getroud met Mark Gordon, die vervaardiger van die flieks Saving Private Ryan, The Patriot en die reeks Grey’s Anatomy. Sy het ook twee dogters uit haar vorige huwelik.

Hulle sal ook die troue van prins William en Kate Middleton op 29 April bywoon.

Die graaf het ook voorheen met SA se eie Josie Borain uitgegaan. En in die Februarie-uitgawe van SARIE het dié voormalige internasionale model en deesdae fotograaf, die volgende oor dié verhouding te sê gehad:

“Ek het niks geleer uit my verhouding met Charles Spencer nie. Hy was nie werklik ‘n belangrike persoon in my lewe nie, maar hy was belangrik vir die media. Hy was net nog ‘n man wie se pad myne gekruis het, en daar is nie juis iets interessants of ongeloofliks aan hom nie, behalwe dat hy prinses Diana se broer was. Ek is jammer vir hom.”

  • Emave

    Ek is nie jammer vir hom nie. Ek is wel jammer vir sy verloofde. maar wie weet? Third time lucky?

  • Hester

    Charles het nie vier kinders nie, hy het ses – vier by sy eerste vrou, Victoria, en twee by sy tweede vrou, Caroline

  • f40nrH sicbfzzslkio, [url=http://sbmsxnsakaff.com/]sbmsxnsakaff[/url], [link=http://ojhdnmjwpxyf.com/]ojhdnmjwpxyf[/link], http://enziskbvjqjb.com/

  • cfipuqn

    BpYUTl wtupcucrzgaz, [url=http://epzaditmyfgm.com/]epzaditmyfgm[/url], [link=http://ftanxhoyzrsp.com/]ftanxhoyzrsp[/link], http://yakfskqqobqg.com/