andrewmorton
Het jy gehoor?

Prinses Diana-biograaf ernstig beseer in Suid-Afrika

Andrew Morton (58) en sy vrou Carolyn (51) was op hul wittebrood toe hulle gister (19 November) in ‘n  kop-aan-kop-botsing naby die Kruger Wildtuin ernstig beseer is. ‘n Vrou en baba in ‘n tweede voertuig is in die ongeluk dood. Só berig www.dailymail.co.uk vandag.

Hulle was op pad terug huis toe ná ‘n 2 weeklange wittebrood in Suid-Afrika. Volgens berigte is Morton steeds in die hospitaal, maar Carolyn is reeds ontslaan.

Morton se biografie, Diana, Her True Story – In Her Own Words, het reeds in 1992 verskyn, maar het veral ná haar dood weer opspraak gewek met die onthulling van 7-uurlange bandopnames van haar geheime onderhoude in 1991 met Morton in Kensington-paleis.

Hy was ook die skrywer van biografieë oor William en Catherine, Monica Lewinsky én die Beckhams.

  • Rooitjie

    Hoe het die ongeluk gebeur? Kop-aan-kop?
    Hoekom is padreels nie vir almal nie?
    Hoeveel mense moet nog sterf en beseer word?

  • Suzelle Fourie

    Sarie, dis nie ‘n kop-aan-kop botsing nie. Die korrekte uitdrukking is kop-teen-kop. Twee atlete kan kop-aan-kop, dus tegelyk, by die wenpaal aankom. Twee voertuie bots van voor teen mekaar, dus kop teen kop.