Princess-Madeleine-Elle-1
Het jy gehoor?

Prinses Madeleine is swanger!

Prinses Madeleine het die groot nuus net 12 weke ná hulle glanstroue in Stockholm gedeel. ‘n Verklaring van die Sweedse koninklike webtuiste het bevestig dat Madeleine swanger is en dat die baba in Maart sy opwagting gaan maak. Dít beteken dat die prinses reeds twee maande swanger is.

Wat dra ‘n prinses op haar troudag?

Madeleine woon tans saam met haar man, Christopher, in New York waar hy werk. Christopher het reeds voor hul troue besluit om nie ‘n amptelike koninklike titel te aanvaar nie. Dit is nog onseker of hul baba ‘n titel gaan kry of nie.

Prinses Madeleine is, anders as baie ander koninklikes, ‘n hardwerkende vrou. Sy gaan tydens haar swangerskap aanhou werk vir haar nie-winsgewende organisasie, The World Childhood Foundation, én haar koninklike pligte voltooi.

Kate se kraamverlof verby?

Ons is seker Kate sal ‘n paar woorde van wysheid vir dié swanger ma hê as dit by koninklike pligte én ‘n baba kom. Prins Harry en Madeleine se broer, prins Carl-Philip, sal ook lekker oor hulle rolle as die cool ooms in die familie kan gesels…

Bron: The Huffington Post