FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Probleme vir Giuliana en Bill Rancic?

Is daar huweliksprobleme vir Giuliana en Bill Rancic? As ons die skindernuus moet glo, het dié bekende paartjie ’n moeilike pad wat voorlê, berig Radar News.

Dis nie ’n goeie tyd vir Giuliana nie – sy het probleme by die werk én blykbaar wil haar man hê sy moet uit Los Angeles trek.

Giuliana het in die Fashion Police-episode oor vanjaar se Oscar-modes kontroversiële kommentaar gelewer op jong Disney-ster Zendaya Coleman se haarstyl. Zendaya dra dreadlocks en Giuliana het gesê dit voel vir haar Zendaya ruik soos plant-olie of dagga.

Op sosiale media is Giuliana dadelik aangeval en haar kommentaar is as rassisties afgemaak.

Boonop is daar ’n nuwe, jonger aanbieder op E! News en volgens Radar Online voel Giuliana glo bedreig deur haar.

Daarby het Bill nog nooit ’n geheim daarvan gemaak het dat sy hart eintlik in Chicago lê nie. Dís ook waar hy hul seun, Duke, wil grootmaak.

Maar Giuliana skop vas en wil eerder in Los Angeles, waar haar werk is, bly.

Bill en Giuliana by klein Duke FOTO: Instagram (@billrancic)

Bill en Giuliana by klein Duke
FOTO: Instagram (@billrancic)

Skindernuus, of gaan dié glanspaartjie werklik deur ’n moeilike tyd?

Bron: Radar News