Het jy gehoor?

Prof. Jansen inspireer studente op Twitter

Dié wyshede wissel van omstrede onderwerpe soos rassisme en voorhuwelikse seks en werksonderhoude tot liefde, motivering en inspirasie.

[box:full:grey:both]

Hier is die 15 brokkies waarvan ons die meeste hou:

[/box]

  • Wees versigtig vir mense wat jou hulle vriend noem, hulle soek gewoonlik iets…
  • Hier is die geheim om groepsdruk te hanteer, beweeg in die regte groepe…
  • Moenie arm mense met baie kinders veroordeel nie, dit is dalk hul enigste geskenke…
  • Leer meer as een taal, dit kan jou liefdeslewe baie goed doen…
  • In plaas daarvan om in vorms die blokkies wat oor ras handel in te vul, skryf langsaan, MENS…
  • Seks is oppervlakkig sonder liefde…
  • Maak nie saak wat met jou lyf gebeur nie, maak seker jy bewaar jou siel…
  • Dit is jou, en elke generasie, se verantwoordelikheid om beter te doen as jul ouers…
  • Vertrou jou instink, dit is meestal reg…
  • Ek ken nie ’n groter vreugde as om geld te gee vir iemand wat dit regtig nodig het nie…
  • Indien jy vermoed jy is die werk aangebied omdat jy van kleur is, wys dit van die hand, jy het mos selfrespek…
  • Mense wat hard praat en aggressief raak is gewoonlik bang vir iets, vind uit wat en wen hom so…
  • Maak nie saak wie jou gehoor is nie, praat eenvoudig; mense wat groot woorde gebruik, is onseker van hulself.
  • Moenie mense wat selfmoord gepleeg het veroordeel nie, hulle is dalk die eerlikste van almal…
  • As jou geliefde ’n hand lig om jou seer te maak, los hom/haar permanent, want dit sal weer gebeur…
[box:full:grey:both]

Volg Prof Jansen op Twitter

[/box]

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Elzabe Meintjes

    alles goeie waarhede, nie noodwendig nuut nie, maar goed om weer herinner te word. hou veral van een waar dit nie saak maak wat met liggaam gebeur nie, solank die siel net bewaar word. Dankie Prof.

  • Melissa

    Dit is dalk nie nuwe wyshede nie, maar dis nodig vir studente om te hoor wat nie almal met dieselfde morele groot gemaak is nie. Kovsies studente, myself insluitend, kyk verskriklik op na Prof JJ – hy is vir ons almal soos ‘n pa-figuur wat uitkyk vir ons en moeite doen om die studente te leer ken. Hy is regtig ‘n inspirasie en ek glo, iets wat Suid-Afrika nog nie gesien het nie.